MEER OOR ONS
Nog 'n Buffelsfontein inisiatief.
Die Buffelsfontein groep het nog 'n projek aangepak en is baie trots om aan te kondig dat ons saamgespan het met AfriForum, om nuwe asem in die Menlopark area in te blaas. Die bekende teater-gebou in die Greenlyn Village Sentrum is omskep in ‘n splinternuwe ruimte wat voorts bekend sal staan as die AfriForum Teater. Verskillende opvoerings, teaterstukke en kinderteater sal in die teater geniet kan word.
Soos met enige teater is hy net so goed soos sy spyseniering afdeling. Buffelsfontein se bekende restaurant in Menlopark, Buffelsfontein Beesboerdery, se bestuurspan het besluit om ‘n delikatessewinkel en restaurant op te rig in die voorportaal van die teater en die teaterganger ‘n ervaring te bied wat hulle nooit sal vergeet nie. Die restaurant se naam sal bekend staan as “Pronk”. Dit is wel ‘n nuwe restaurant maar die eienaar en bestuurder Ané Wait is glad nie nuut in die bedryf nie. Ané Wait en haar bestuurspan het saam meer as 20 jaar se ervaring in die industrie.
“Pronk” se doelwit is om vir die restaurant en teaterganger in Pretoria die mees onvergeetlike kulinêre ervaring te bied wat hulle nog nooit beleef het.